Saturday 28 April 2012

Sarie Bruidspaar van 2011 my meisiekind en my eerste troue 4 feb 2012

_________________________________________________________________________________
Ons Bruidspaar 2011
deur MARGUERIETE VAN WYKE

Haar kinderdroom is bewaarheid. 'n Troue in die "feetjiebos" op die familieplaas en 'n onthaal in die ou melkskuur.  Vir Helene Steinberg en haar bruidegom, Marius Coetzer, van Pretoria het alles "net reg" gevoel.
"Ek is in my hart 'n kaalvoet-plaasmeisie.  Die bos was so skoon en die wind was in my hare ... En by my hartsmense en niemand wat liewer vir my kan wees as Marius nie."  Die twee het hard gewerk en al hulle verlof gebruik om self die 200 jaar oue melkstal betyds vir die troue te omskep.  Almal was betower deur die roomkleurige vintage-skepping deur haar Pretoriase vriendin en ontwerper Julia Edge.  Die troue is deur 200 gaste bygewoon op haar ouers se gasteplaas Florence naby Chrissiesmeer in Mpumalanga.  Die dag was ekstra spesiaal omdat hulle die eerste paartjie was wat by die nuwe Venue@Florence Farm gerou het. Die werklikheid was nog beter as haar drome.  "en dis ook my definisie van liefde wat werk!"
_________________________________________________________________________________

















































1 comment:

  1. Your little bit of paradise looks awesome. Why has no-one commented. We would love to come and visit.

    ReplyDelete