Wednesday 9 May 2012

Raai wie gaan hier trou....

Seker een van die lekkerste komplimente ooit, het ek van haar gekry.. Tydens Helene se troue het hierdie pragtige rooikop "Artie " fotografie van Splendid Productions vir my kom vertel, dat sy elke naweek
trou- fotos neem,  van die Kaap tot in Australie, en dat sy nog nooit so 'n mooi plek gesien het nie !! WHAAU !! Sy het net daar en dan haar eie Troue bevestig hier by ons op Florence.

Danelle, haar pa en verloofde by "Loraine" Die Venue@Florence se amptelike Troukar.

Saam stap sy en haar pa hand om die lyf die Trou Bos binne !

Met die beplannings boekie in die een hand en die ander in die gelukkige man se hand op die stompe in die  trou-bos.

Ons sien baie uit na daardie spesiale dag Danelle !

Die Windpomp.

Met my hele hart het ek gewens dat ek 'n windpomp op my Venue se werf kan staanmaak. Julle sal nie weet hoe 'n gesukkel dit was nie. Om een in die hande te kry was die eerste gespook. Waarheen ons ookal gery het, het ek elke windpomp raakgesien, gebel, gepraat, probeer ompraat, maar te vergeefs, tot op die dag tussen Carolina en Badplaas toe ek die mooiste van alle windpompe sien, die regte hoogte en die mooiste turkoois geverf. Oom Johanny het dit aan my verkoop en toe moes ek dit hier kry ! Jy moet die regte toerusting he, het Nico heeltyd gese, " Jy onthou mos hoe die windpomp 15 jaar gelede op my geval het" ek onthou dit soos gister. Ek was dus geduldig... en vandag is my turkoois windpomp hier by die Venue staangemaak. Dit lyk fantasties !






  1. Sie - Daar "Die windpomp" op Florence Mei 2012. Dankie my liefding  Dit lyk fantasties. !