Leroi & Marioli....
Die dansvloer was vol tot die laaste minuut. die mobile kroeg langs die DJ hokkie met Cafeteria tafeltjies daarby bly maar altyd 'n wenner.
Die fees van blomme op die tafels was heerlik en dit alles so ekonomies, nie een houer is gehuur of gekoop nie, alles was in ou blikke en bottels.
Stef van Marie se Blomwinkel is 'n meester met die blomme versierings, tot ingelegde blomme in "Canfruit" bottels.
Die koffie stasie gekombineer met 'n "Lounge" en sweetie tafel in die oorkanste fleul voor die kaggel was 'n treffer. Julle was so oulik om julle gaste te nooi om 'n shooter te drink op hulle teenwoordigheid.
Leroi jou speech net na die garter se gooi was perfekte timing - almal was al lekker gesellig en dit het goed gewerk. Marioli dit was vir my kelners en personeel so 'n voorreg om die dans met die "Makoti" te doen - jy was 'n regte ster op die maat van "Lucky Star".........
Julle gaste was mal oor hulle "name tags" en almal het dit met trots gedra.'
Baie geluk met 'n fees van 'n troue.....