Saturday 29 September 2012

Wat 'n heerlike en feestelike troue was dit nie....

Leroi & Marioli....


Die dansvloer was vol tot die laaste minuut. die mobile kroeg langs die DJ hokkie met Cafeteria tafeltjies daarby bly maar altyd 'n wenner.

Die fees van blomme op die tafels was heerlik en dit alles so ekonomies, nie een houer is gehuur of gekoop nie, alles was in ou blikke en bottels.





 
 




 

Stef van Marie se Blomwinkel is 'n meester met die blomme versierings, tot ingelegde blomme in "Canfruit" bottels.

 
 
Die koffie stasie gekombineer met 'n "Lounge" en sweetie tafel in die oorkanste fleul voor die kaggel was 'n treffer. Julle was so oulik om julle gaste te nooi om 'n shooter te drink op hulle teenwoordigheid.

Leroi jou speech net na die garter se gooi was perfekte timing - almal was al lekker gesellig en dit het goed gewerk. Marioli dit was vir my kelners en personeel so 'n voorreg om die dans met die "Makoti" te doen - jy was 'n regte ster op die maat van "Lucky Star".........

Julle gaste was mal oor hulle "name tags" en almal het dit met trots gedra.'
Baie geluk met 'n fees van 'n troue.....
 
 


Saturday 22 September 2012

Johan & Melinda Coetzer

Proteas en Pêrels..., oral waar jy kyk dit was pragtig..


Die mooiste was die familie wat so ywerig deelgeneem het. Die ouma wat al die pragtige tafel 'runners" gehekel het, saam met die kristal kandelare en reuse proteas was dit 'n lieflike prentjie.

Al die tannies wat so ywerig hul houers vol koekies eb sweeries kom maak het, die sprankelende entoesiasme was aanvoelbaar.











Monday 17 September 2012

So sag soos vlinders het julle deur ons kom waai

Reinhard & Lia,,,


Sag soos vlinder......het julle deur ons kom waai. Julle was die hele tyd soos vlinders wat soetjies rond beweeg van mamma Elma tot die ander drie sussie so op julle vlinder manier het julle self die blomme gedoen en die saal versier.

Die weer het nie saam gespeel en soetjies het almal vrede gemaak en op die ou end 'n pragtige troue voor in die koepel met kaggelvure en gees wat hoog brand. 'n Duif wat per ongeluk bo in die Venue se dak rondsweef het almal gevoel dit is vir geluk..

Mamma Elma en al die sussies

Die tafel wat self versier is

Die tafels

Die lekker nagereg, redvelvet koek

Lia aan Pa Paul se arm

Die troue in die koepel

Die koue vat maar aan die bruid

Borspelde vir die bruidegom

Die trou kar

Skoonma, Lia en mamma Elma

8 September, maanskyn, rose en liefde in die lug.

Kosie & Marli Malan..


Wat meer kan ek se. Dis die trou dag - vroeg oggend kry ek vir Kosie en Marli in die Venue, waar hulle besig is om die oulike hartjie koekies wat die plek aanwysings is vir oulaas te her organiseer - mense kom en gaan nog tot op die laaste minuut. Maar die stress vlak is taamlik HOOG.

Ek stap toe na die DJ hokkie en sit die klank stelse aan en daar speel Johnny Clegg se " I am on top of Kilomanjaro", ek roep doe tweetjies om te kom dans en Kosie se toe vie my " Ek kan voel hoe sy ontspan'. Die res van die dag was pragtig en die Rooiwyn les wat ek 01h00 die oggend by Kosie gekry het sal ek lank onthou.


Die mat waarop hulle die Venue binne gestap het

Die Boskerk en sy pragtige blomme

Kosie & Marli dans om te ontspan

Die nuwe kroeg

Tafel versierings

kyk hoe pragtig het hulle die saal gemaak

Die bruid en haar meisies almal in die pragtiste rokkies

 
Die oulike tafel aanwysings















Saturday 15 September 2012

Once in a Blue Moon op die 1ste September

 - nuwejaarsdag -  want dit is amptelik die begin van 'n nuwe seisoen-jaar, het Nico & Danelle getrou.


Waar begin ek - ek soek haar nog in die sprokies wêreld van Alice in Wonderland en toe kry ek hulle twee goue duidies bo langs die kaggel in die Venue.
Julle troue het troues na die next level geneem, die grasperk bo op die tafels waar hasie kersies hul eie tuintjie gehad het en eende en eekhorings baljaar het, en om  die kersie op die koek te sit moes ek 'n ete bedien sodat elke gas aan tafel kon opskep en 'n konings maal in 'n sprokiestuin kon geniet.

Danelle ek ruik jou nou nog in elke blom wat 'n geur deur die gebou dra. Ditwas 'n fees om dit vir julle te doen...









Friday 14 September 2012

Van Boeremusiek tot Louis & Jeanni

Louis & Jeanni...


Julle het my so verras......
Daar was sulke kostelike nuwe idees en fasette wat deel was van julle troue. dit was sover die eerste toue wat langs die Venue onder die bloekom bome gehou is. Van Boeremusiek so uit die familie tot die lekker warm kaggelvure.